Hoogspring

Yelena Slesarenko tydens die Olimpiese Somerspele in 2004.
'n Hoogspringer seil naelskraps oor die dwarslat.

Hoogspring is 'n velditem in atletiek waar deelnemers oor 'n horisontale lat (dwarslat) moet spring wat op vooropgestelde hoogtes geplaas word sonder om van enige hulpmiddele gebruik te maak. Die lat word al hoër geplaas en die wenner word bepaal deur die persoon wat die hoogste sprong kon uitvoer.

Die wêreldrekord vir mans is 2.45 meter en is in 1993 deur Javier Sotomayor van Kuba opgestel. Die wêreldrekord vir vroue is in 1987 op 2.09 meter vasgestel. Die titelhouer is Stefka Kostadinova van Bulgarye.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search